EENTONIG

jean

Jean Marais is 'n klank-juwelier wat sedert 2003 in Taiwan woon. As MoShang (sy Sjinese naam) het hy hier vier vollengte albums en 'n kortspeler vrygestel. Sy musiek verskyn ook op verskeie kompilasie albums. Hy onderneem gereeld hervermenging en produksie-werk vir ander kunstenaars. Hy het in 2001 'n Avanti Craft toekenning ontvang vir sy musiek vir 'n kort-film, sy musiek is in 'n produksie vir die Discovery kanaal gebruik, en een van sy snitte word tans internasionaal met die Ubuntu rekenaar bedryfstelsel versprei. Sy laaste album in Afrikaans was die pop-album NOU (as 12Hz met Riku Lätti). Hy was voorheen sanger in die groep Duusman.

http://moshang.net

j-adres

 

louis

Louis Minnaar is 'n elektroniese musikant met 'n belangstelling in die filosofiese en fisiologiese implikasies van klank. Sy minimalistiese aanslag tot digitale klankontwerp en improvisasie maak veral gebruik van "data-noise", elektroniese dreunings en ander meestal ongewenste klanke en klikke. Hy was aktief in Edinburgh, Skotland vir die afgelope paar jaar waar hy 'n MSc in Sound Design and Digital Media voltooi het. Hy werk gereeld saam met visuele kunstenaars aan installasies en video's en speel soms live. Hy woon tans in Taiwan en werk aan die Coded Sleep projek.

http://myspace.com/codedsleep

l-adres

 

andre

André van Rensburg is 'n kitaarspeler, komponis en improviseerder wat sy lewe toewy aan die soeke na nuwe vorme van ekspressie in musiek wat beide die speler en luisteraar uitdaag. Sy musiek kan beskryf word as nie-verbale, nie-repeterende instrumentele musiek wat aanvaarde musikale konvensies bevraagteken sonder om definitiewe antwoorde te verskaf. André is 'n wêreldreisiger en student van verskeie musikale tradisies. Hy woon tans in New York. Hy is het tot dusver meer as 'n dosyn albums vrygestel; beide as solo kunstenaar en in samewerking met ander musikante. Hy was onder meer lid van die groepe Battery 9 en Die Menere.

http://andrevanrensburg.org

a-adres

Foto's van eentonig deur Tobie Openshaw